Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID AFRIKAANSE RADIO LIGA NUUS SONDAG 26 APRIL 2015

Goeiemore en welkom. Hier volg die SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA se nuus vir Sondag . . . . . . . . (datum), gelees deur . . . . . . . (Naam; roepsein en QTH)

Luister elke Sondag deur die hele land, na 'n uitsending van SARL-NUUS in Afrikaans om 08:15 en in Engels om 08:30 plaaslike tyd. 'n Teksweergawe van hierdie bulletins kan by www.sarl.org.za , die SARL se webwerf, afgelaai word. Jy kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Daar is 'n skakel na 'n oudio weergawe van die bulletin op dieselfde blad beskikbaar.

IN VANDAG SE NUUS

SOL PLAATJIE LAERSKOOL KONTAK INTERNASIONALE RUIMTESTASIE
SPESIALE AANBOD OP SARL LIDMAATSKAP
SEINVOORTPLANTING DEUR MIDDEL VAN REENKAATSING
EN
SARL@HOME KURSUS VIR ZU LISENSIE

Bly ingeskakel vir hierdie en ander belangrike nuus tems

** Op Saterdag 2 Mei sal leerders van die Sol Plaatjie Laerskool die kans gegun word om met ruimtemanne aanboord van die Internasionale ruimtestasie te praat.
Die skool was verlede jaar die wenner van die SAASTA AstoQuiz 2014. Die prys is `n gesprek met die IRS. ruimtemanne.
SA AMSAT en die SARL sal gedurende die geleentheid die kans benut om amateurradio bekend te stel en te bevorder. Koos Fick, die SARL se jeugkoördineerder, sal `n aanbieding doen oor amateurradio en hoe dit die jeug kan help met hulle skoolwerk. `n Amateurradiostasie sal ook vanaf die skool bedryf word. Kyk ook uit vir ZS90SARL op Saterdag 2 Mei op 7070 kHz.
Inligting sal beskikbaar gestel word by www.amsatsa.org.za.

** Sluit nou aan by die Suid Afrikaanse radioliga teen R460 vir die 2015 / 2016 tydperk. Jy ontvang 14 maande lidmaatskap vir die prys van 12 maande. Help hierdeur om die SARL se Nasionale liggaam vir Amateurradio te versterk.

Die onderhandelingskrag van `n organisasie is gesetel in sy aantal lede. Dit is in belang van elke radio-amateur om by die SARL aan te sluit, en om jou stem te laat hoor by die owerhede, wanneer regulering van amateurradiofrekwensies ter sprake is. Internasionaal maak die ITU aanbevelings , maar finale besluite berus by plaaslike owerhede. Met die onlangse publikasie van nuwe frekwensiespektrumregulasies het die SARL dit reg gekry om `n toegewing in die 160 meterband te bewerkstellig. Kraguitset kan op die meeste amaterradiobande verhoog word. Nog `n verslapping vir amateurs is om in besit te wees van ontvangers met volgehoue deurlopende instemming bo 30 MHz.
Die nuwe regulasie verleen toestemming aan persone wie lid is van noodkommumunikasie organisasie, soos die SARL, om sulke apparaat te besit. Dus, as jy nie lid is van die SARL nie, het die tyd aangebreek om by die SARL aan te sluit. Aansoekvorms is beskikbaar by www.sarl.org.za of kontak die SARL kantoor by telefoonnommer 011-675-2393.

** SEINVOORTPLANTING DEUR MIDDEL VAN REëNKAATSING TUSSEN 2,3 & 24 GHz.
Asgevolg van gure weer die afgelope tyd het troposferiese- en geutingsvoortplanting op BHF en UHF verswak. Tropokaatsing tussen 50 MHz en 10 GHz lewer nog steeds goeie resultate . Dit is `n hoë krag modus wat daagliks reg deur die jaar, goeie dekking lewer tot so ver as `n 1000 km. en vliegtuigkaatsing word hierby ingesluit.
Verafgeleë reënstorms kan ook tot ons voordeel gebruik word aangesien reëndruppels, radioseine kan weerkaats tot op maksimum afstande. Afstande wat al aangeteken is, is 770 km. op 2,3 GHz, 817km. op 5,7 GHz , 1099 km. op 10 GHz en 71 km. op 24GHz. `n Doppler skuif van tot 4 kHz op 10 GHz, was al aangeteken wanneer `n baie sterk wind gewaai het. Twee stasies wat teen 90 grade hulle antennas na `n verafgeleë storm rig, sal `n swak sein tot gevolg hê, maar groter of kleiner invalshoeke sal seine versterk.
Dit is ook moontlik om reënkaatsingseine van donderwolke, wat besig is om te vorm, te kry. `n Weerligstraal kan ook help met die voortplanting van radioseine op BHF. `n FM radiouitsending vanuit Durban was sover as 450 km. in Ooslondon , terwyl `n donderstorm ontwikkel het, gemonitor. Telkens wanneer daar `n weerligstraal was, was die uitsending uiters helder vir `n paar oomblikke en het dan weer binne `n paar sekondes gekwyn en heeltemal verdwyn.

** `n Agt weke lang SARL@HOME kursus sal aangebied word deur Noel Hammond ZR6DX en Graham Busse. Die doel van die aanbieding sal wees om Voortrekkers en ander jong mense touwys te maak, hoe om die klas B eksamen te slaag ,en hoe om te kwalifiseer as radio-amateurs. Die kursus sal in aanvang neem op 9 Mei vanaf
9:00 tot 12:00 op Saterdagoggende.
Gedurende die 8 weke sal studente deelneem aan pretaktiwiteite, op die lug praat, `n antenna bou, en veldstasies oprig en bedien op die grasperke van die Nasionale Amateurradiosentrum.
Inligting sal binne die volgende paar dae beskikbaar wees op die SARL se webblad. Vir meer inligting , stuur `n e/pos aan zr6dxiafrica.com.

** Jy is ingeskakel op ‘n nuusbulletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga

** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:
* Gerald Lional Sothern Holland ZSL1141
* Robert Morgan-Wilson ZSL1142
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Lidmaatskap van die SARL is tans 1636 plus 38 geaffilieerde klubs.
Daar is 164 inskrywings vir die Mei RAE

** Asgevolg van logistieke probleme moes die datum van die jaarlikse SA AMSAT Ruimte- symposium verskuif word. Dit sal nou plaasvind op 20 Junie by die Innovation Hub in Pretoria. Die sluitingsdatum vir registrasie is ook verleng tot 30 April 2015.
Meer inligting is beskikbaar op www.amsatsa.org.za


** Neem asb. Kennis van die volgende. Die jeugnet sal verskuif na die tweede Sondag van elke maand vanaf 16:00 op 7070 kHz. Kom geniet die middag saam met Koos Fick en ander jong radio-amateurs ,en deel die wonderwêreld van amateurradio saam met hulle. Klubs word aangemoedig om gebruik te maak van die kans ,om jongmense na hulle klub te nooi om onder die roepsein van die klub, of `n gelisensieërde klublid deel te neem.

** Hier volg die uitslae van die QRP kompetisie wat op 11 April 2015 plaasgevind het:-
1 ste ZS6WR , Wesrand amateurradioklub – 700 punte.
2 de ZS6TVB, Theo Bresler – 93 punte.
3 de ZS4DZ , Johan van Zijl – 33 punte.

Wat het van die ander logstate geword ?

** Die Pretoria Amateurradio-klub se tweede kwartaalikse vlooimark , word gehou op Saterdag 2 Mei. Die hekke open om 08:00. Die perseel is die gebruiklike PARK vlooimark-perseel by die Pretoria ou-motorklub in Keuningstraat, Silverton, reg langs die ingang na die Pioniersmuseum.
Hierdie is 'n groot vlooimark met baie verkopers van nuwe en gebruikte toerusting. Die vlooimark is ook 'n belangrike sosiale gebeurtenis op die amateurkalender, met amateurs uit Pretoria en baie ander omliggende dorpe in Gauteng daar teenwoordig. Daar is baie, veilige parkeerplek . Verversings sal beskikbaar wees. Moet dit nie misloop nie - sien jou daar by Suid-Afrika se oudste, grootste en mees aktiewe radioklub se vlooimark.
Indien jy 'n tafel wil bespreek, of meer inligting benodig, skakel vir Almero du Pisani, ZS6LDP op 083 938 8955 of stuur 'n epos aan almero@up.ac.za

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Sonvlek AR2325 het 'n komplekse magneetveld wat genoeg energie vir C- of M-klasfakkels huisves.
Die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 70 vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen.
Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

2 MEI – SOL PLAATJIE Laerskool kontak IRS.
2 MEI – Pretoria amateurradioklub Vlooimark.
10 Mei - SARL Jeugnet – elke tweede Sondag van die maand.
3 Mei – ZS3 Naelloop.
9 Mei – SARL@HOME kursus vir ZU lisensie.
9 en 10 Mei – AWA buis kompetisie.
21 Mei – RAE.
20 Junie – SA AMSAT simposium.

Om mee af te sluit ‘n kort terugblik op ons hoofnuus.

** Op saterdag 2 Mei sal leerders van die Sol Plaatjie Laerskool die kans gegun word om met ruimtemanne aanboord van die Internasionale ruimtestasie te praat.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies, van belang vir amateurradio en kortgolfluisteraars, met hulle te deel. Plaas nuusberigte, indien moontlik, in Engels sowel as Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webtuiste onder die “newsinbox” skakel, voor of op die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM asook op verskeie BHF- en UHF-frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi, deur Dick, ZS6RO is ook beskikbaar. Heruitsendings vind op Maandae om 18:30 Sentraal-Afrika-tyd op 4895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie amateur-frekwensies.
Ons ontvang graag jou seinrapport, kommentaar en voorstelle oor die bullitin. Stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel en vertaal deur Johann du Plessis ZS6PSS , geredigeer deur Etiene Naude ZS6EFN en gelees deur ............................................ (naam, roepsein, QTH).

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003